Die African Flower

Die patroon is deur twee Suid Afrikaanse vroue ontwerp en is vandag een van die heel gewildste hekelpatrone wêreldwyd. Ek het dit onlangs eers ontdek en geniet vreeslik om dit te doen! Ek het Heidi ook daaraan bekend gestel en sy het dit vinnig onder die knie gekry m.b.v. volledige aanwysings op iemand anders se blog. Hier is haar eerste projek. Ek is besig aan ‘n sak in dieselfde patroon. Hou hierdie spasie dop vir my vordering!!