Langtermyn projekte en UFO’s

Enige crafter, veral hekelaars het gewoonlik kaste vol onvoltooide projekte of meesterstukke-in-wording. Ek is GEEN uitsondering nie. Hier is ‘n oumabersie waaraan ek al ‘n rukkie werk. Ek wonder of dit die gebrek aan veelkleurigheid is wat maak dat ek dit telkens neersit? Iemand het onlangs opgemerk: “Jy is beslis nie bang vir kleur nie!” Nee, ek is beslis nie bang vir kleur nie.