Giant Granny bag

Ek kon dit eenvoudig nie weerstaan om ook een te maak toe ek onlangs hierdie idee op die internet raakloop nie. Dit was lekker vinnig en heerlik bevredigend om te maak. Die wol wat ek gebruik het, is Kismet se variagated Colourmatic Aran. Die denimblou, grys en bruin pas by so baie van my goed.
???????????????????????????????

Lees voort

Pa se trui vir Vadersdag

Ons het ontdek dat daar in Pretoria iemand is wat King Cole se Riot wolle invoer vanaf Brittanje. Eintlik word dit in Turkye vervaardig en bestaan uit 30% skaapwol en 70% sinteties. Die kleure is absoluut asemrowend en die kleursegmente net lank genoeg na my smaak. Ek sal moet wikkel om die twee truie en die kombersie klaar te kry voordat ons in Junie met nog ‘n saamhekelprojek wil begin!! Hierdie een is bedoel vir manstruie. Dis kleur no 400 en word ‘Dude’ genoem.
2013-03-23 08.45.04

Wat is op die oomblik aan my haak?

Ek het geswig om voordat my crazyghan klaar is met nog twee nuwe projekte te begin! Wie kan dit nou weerstaan as die wolle so yummy is??
Yarnie heaven Hierdie is ‘n trui vir myself volgens ‘n ontwerp deur Sylvia Cosh, my gunsteling ontwerper van gehekelde kledingstukke. Dis van ‘n versameling van One of a Kind Yarns se wolle wat alles van natuurlike vesel gemaak is. Daar is 100%lamswol, sy, katoen, bamboes sybokhaar van die bababokkies en nog vele meer. Hier voor in my wolbakkie lê ‘n bolletjie Egiptiese katoen – to die for!!!  Ek is beslis in die wollehemel!!

‘n Fusion blanket

Toe ek verlede jaar op die internet die bekende Kaffe Fasset se Fusion Blanket sien, moes ek eenvoudig een maak. Dis dan die ideale manier om my liefde vir laslapwerk en hekelwerk saam te beoefen. Toe ek in my laslapkas rondgrawe, kom ek op die perfekte ding af: ‘n hele stapel klaargestikte ‘log cabin’ blokkies in pastelkleure. Gekombineer met One of a Kind Yarns se katoen, is dit perfek vir my fusionprojek!

???????????????????????????????

Om die randjie te kan omhekel, is dit nodig om komberssteke rondom die blokkie te werk. Jy moet natuurlik eers die blokkie voering, omdop en ‘n randstiksel gee om te voorkom dat dit rafel. Dit het verbasend gou gegaan, wat ‘n goeie ding was, want ek wou dit vir my dogter klaarmaak vir ‘n Kersgeskenk.

???????????????????????????????

Die katoen was net genoeg om 25 blokke om te hekel en dit het nogal ‘n lekker grootte lap gemaak om as tafellap of smyter te gebruik.

???????????????????????????????

… en was nét betyds klaar om toe te draai voor Heidi huis toe gekom het vir die Kersvakansie!! Dit lê nou oor ‘n antieke stoel in die gastekamer van haar nuwe meenthuis.