Die Yarnies se saamhekelprojek: ’n Crazyghan!

Ons is ‘n groep wolentoesiaste wat saamkuier op Facebook en het onlangs besluit om saam ‘n kombersprojek aan te pak. Ons volg almal dieselfde basiese idee, maar dit staan elkeen vry om haar eie kop te volg. Die kombers bestaan uit ses stroke blokke afgewissel met ses stroke rye.Bersie klaar! En so begin dit: Strook 1

2013-01-02 17.57.41Die eerste lot rye word aangelas en nou lyk dit so:

2013-01-04 14.31.05

Ek gebruik my stash Elle Pure Gold omdat dit so lekker hekel, maar vir afwisselling en ‘n bietjie zing gebruik ek ook van One of a Kind Yarns se handspun.

2013-01-26 11.17.30

Strook 2 kry ‘n ‘Circle in a Square’ blok waarvan ek baie hou plus ‘n paar rye van die ‘Chocolate Box’ patroon:2013-01-26 11.18.28

Dit begin al na besigheid te lyk!

2013-01-26 11.19.29

Vir strook 3 kies ek die Big Circle in a Square  blokkie:

2013-02-16 15.09.06

En vir die rye van hierdie strook las ek stukke van al my wole aanmekaar om my eie ‘Magic Yarn’ te maak en is nogal baie in my skik met die resultaat:

2013-02-16 15.09.29

My Crazyghan begin al na ‘n kombersie lyk:

2013-02-16 15.10.00

Vir die vierde strook raak ek waaghalsig en kies ‘n driehoekblokkie:

2013-03-11 06.01.25

Soos julle kan sien, het die driehoekmotiewe nie perfekte reguit sye nie en dit beteken net een ding: ek sal die motiewe moet blok voordat ek hulle in ‘n reguit strook vasgewerk gaan kry! Eish!

Helaas, die driehoeke wil nie plat lê nie en ek sukkel my dood! Ten einde raad gooi ek dit toe maar uit en maak ander blokke en hou by effekleure om my kombersie darem so ‘n bietjie minder bont te maak plus sommer gewone granny stripes as ‘n strook daarby:

2013-04-07 17.41.01

Vir die volgende ry blokke kies ek toe nog ‘n eenvoudige granny patroon :

2013-05-18 12.19.35

Nou kort daar nog een ry blokke aan die ander kant om my bersie te balanseer en ek gaan weer vir effekleure :

2013-04-26 10.50.46

Nou vir die afronding:  Eers moet al die rafels weggewerk word, EISH!! Daarna is die rand so lekker om te doen, want ek weet die einde is in sig:

2013-05-24 12.12.20

TADAAAA!! Uiteindelik is my malbont kombersie klaar!

Bersie klaar!

5 thoughts on “Die Yarnies se saamhekelprojek: ’n Crazyghan!

    • Elsabe, die idee is dat jy vir elke ry jou eie patroon kies. Ons almal se kombersies is verskillend. As jy ‘n spesifieke patroon wat ek gebruik het, soek, google net die blokkie of die rye se naam wat ek in die post noem, dan sal jy dit kry.

  1. Ek verstaan. Ek het bv ‘n summer garden patroon en hekel met double knit Elle Pullskein en gebruik ‘n no 4 hekelnaald, klink die verhouding reg! Ek het myself leer hekel, en twyfel soms of ek op die spoor is. Ek het ondervind dat sommige van die wol al is dit double knit een bol dunner hekel as die ander. Julle moet lekker hekel die naweek. Dit is inspirerend om al die fotos te sien, veral vir my en seker baie ander wat voldag werk, en net naweke ‘n tydjie kan afknyp vir ons groot liefde – handwerk! Groete Elsabie

  2. Pragtig!! Laaik die opskrif. ” Daar is wol in my are….” Ek voel byna netso. Hoewel tegnies gesien, hekel ek meestal met katoen, haha!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s