Pa se trui vir Vadersdag

Ons het ontdek dat daar in Pretoria iemand is wat King Cole se Riot wolle invoer vanaf Brittanje. Eintlik word dit in Turkye vervaardig en bestaan uit 30% skaapwol en 70% sinteties. Die kleure is absoluut asemrowend en die kleursegmente net lank genoeg na my smaak. Ek sal moet wikkel om die twee truie en die kombersie klaar te kry voordat ons in Junie met nog ‘n saamhekelprojek wil begin!! Hierdie een is bedoel vir manstruie. Dis kleur no 400 en word ‘Dude’ genoem.
2013-03-23 08.45.04

9 thoughts on “Pa se trui vir Vadersdag

    • Oukei, Tokkie, sal aanstuur na jou e-posadres. Ek het hom biki aangepas deur elke tweede ry langbene te maak i.p.v. al die rye halwe langbene, maar jy kan besluit waarvan jy hou!

  1. Madelie, ek is so bly ek het op jou blok afgekom, kan ek ook asb die manstrui patroon kry, asseblief.

    dankie Violet van Bloemfontein

  2. Goeie more ek is baie mal oor jou blad,wil graag hoor of ek die pa se trui vir vadersdag kan kry dan kan ek solank dit maak vir volgendejaar lol. Ek is ook lief vir hekel en ek sal ook jou graag wil volg deur email. Baie dankie vir al die mooi inspirasie. Lekker hekel.

  3. Goeie naand, wat ‘n lekkerte! Hekel trui vir pa. Kan ek ook asb die patron kry? Jy het nie dalk patroon vir damestrui ook nie. Ek nie so ‘n ervare hekellaar nie, maar geniet dit baie, en hou aan prober tot ek dit regkry. Groete Delmarie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s