Oktober/November 2013: Giant Doilies!

Ronde throw, Jassie CAL

 Hier is ons groot Somerprojek aangebied deur Adele Marais:Doily top

Hier is die patroon wat ek heel eerste probeer het. Dis eintlik ‘n jassie soos julle kan sien, maar  maak nie saak hoeveel keer ek uitgetrek en oor begin het nie, ek kon dit net nie plat kry vir ‘n throw nie! So as enige iemand dit wel regkry sal ek baie graag ook weer wil probeer. Dit is die lekker van ‘n saamhekelprojek. Almal probeer en stryk saam die probleme  uit!

http://mirincondecrochet.files.wordpress.com/2011/09/anleitung_405_0.pdf

Dit is darem maar bitter mooi! Stem julle nie saam nie?

As enige iemand hulp nodig het met die diagram, sê asseblief!  Dit lyk darem heel duidelik.Bestaan uit ks (kolletjie), kb (^), lb en tr (dubbelslagsteek).

Raad wat ek kan gee  by die rye wat bestaan uit kb en 3 kse:  vervang die laaste 3 ks en gs met 1 ks en heg die rondte dan met ‘n lb. Dan is jy weer in die middel van die 3 ks spasie om met die volgende rondte van ks spasies te  begin.

LET OP:  rondte 12 moet nog 7x herhaal word en rondte 22 nog5x!

 

Daar is nog heelwat sulke jassiepatrone waarvan die bekendstes:

Sirkeljas

http://www.garnstudio.com/lang/us/pattern.php?id=3315&lang=us

LUL'S Flower power vest

http://www.ravelry.com/patterns/library/luls-flower-power-vest

Die volgende een wat ek probeer het en nog mee besig is:

Lacy Accent 

http://www.redheart.com/free-patterns/pattern-correction-lacy-accent-doily

Hier is my weergawe met vinnis nikkim en  4mm hekelpen:

Dit is baie lig en gaterig en doen sy naam gestand. Dit is rerig “lacy”!

Hoeveelhede :   3 mint;  2 wit; 1  peach en 1 baby yellow

Ek mag dalk nog bietjie nodig hê.

 Adele se Lacy Accent

 Ek weet nie of dit my eie onkunde is of wat die rede is nie maar my pogings kom telkemale heelwat kleiner uit as wat dit moet! Hier het ek dikker draad en dikker pen gebruik as wat die patroon sê en nog steeds het dit nie naastenby die grootte van ‘n throw aangeneem nie! Ek het besluit om ekstra rye in te voeg. Ek het probeer om rye 17 – 25 te herhaal. Dis wat ek gedoen het voor ek met ry 26 aangegaan het:

1.      (Lb in ksspasie, 3ks) rondom

2.      Ry 18 herhaal.

3.      Ry 19 herhaal maar net 3 ks ipv 5 tussen elke lb

4.      Ry 20 herhaal.

5.      Ry 21 herhaal maar net 4ks tussen elke lb

6.      Ry 22 herhaal maar net 2 lb ipv 3 in vorige ry se lb

7.      (kb, 8ks) rondom

8.      In elke 8ks spasie: (lb,ks) x5. Die 3de lb het ek in die kb v d vorige ry gemaak om die gaping kleiner te maak.

9.      Ry 25 se steek in die begin lb en elke 2de een daarna.

Daarna het ek ry 26 – 28 gedoen. Dis  tot waar die foto is. Ek het gedink ek sal tyd kry in die Kaap om klaar te maak maar daar was net te veel om te doen!

Maar…… getrou aan my aard, dink ek ek gaan weer afwyk want ek sien net dood eenvoudig nie kans om 30 punte afsonderlik te doen nie!!! Net te veel frafels!!  Nou kan ek darem ook ‘n stukkie saam CAL. Ek sal julle op hoogte hou van wat ek in die laaste paar rondtes gedoen het.

 Onthou ons het gesê elkeen is welkom om sy eie ronde throw te maak!

Jy kan ‘n doodgewone ronde throw in granny clusters ook maak as jy wil.

 Hier is die bekende een: 

Granny_circle_July_2010_medium2

http://www.ravelry.com/patterns/library/granny-mandala

 Hier volg nou ‘n lys van al die ronde throws wat ek kon opspoor.

Plaas gerus onder die comments by die file  nog links! Ek weet daar is nog baie!!

 Vali's

 http://valiscrochetmoment.blogspot.com/2010/09/new-pattern-for-valis-circular-crochet.html

Skipping Stones

http://www.ravelry.com/patterns/library/skipping-stones-circular-afghan

WYS JULLE WAT KLEUR KAN DOEN Nê?

Nog ‘n mooie:

http://www.redheart.com/files/patterns/pdf/LW2387_0.pdf

OF:

Candy cable baby

http://www.yarnspirations.com/pattern/crochet/candy-cable-baby-blanket

Hier is ‘n “mindless”een:

Radiance-Lap-Throw3

http://stitchandunwind.com/crochet-a-fabulous-radiance-lap-throw/

 

Onthou vir die van julle wat die boek het:    

Die 2 patrone is daarin:

Dan is daarnog die mooiste ronde ripples!

Ek is baie lus vir die een:

lacy round ripple

http://blogs.thetucker.com/knit/2013/03/05/lacy-round-ripple-blanket/

of die ene:

Rainbow round ripple

http://www.ravelry.com/patterns/library/rainbow-ripple-baby-blanket

 kyk hoe mooi:  (ag ek weet smaak verskil!)

Round ripple

http://www.ravelry.com/projects/GingerbreadGirl/lyns-round-ripple-baby-afghan

Hier is nog ‘n variasie:

shellvstitchroundripple600

http://blogs.thetucker.com/knit/2012/07/28/shell-and-v-stitch-round-ripple-blanket/

Daar is nog vele ander ronde ripple patrone.

Gaan kyk gerus hier op Ravelry vir nog mooies:

http://www.ravelry.com/patterns/search#query=crochet%20circular%20throws&view=captioned_thumbs&sort=best&page=1

Dalk is jy lus om net ‘n halwe ronde throw te maak en as ‘n gordyntjie te gebruik of te dra…..

Of die patroon aan te pas na ‘n ronde throw……

Half moon shawl

http://www.lionbrand.com/patterns/70474AD.html


En laastens…. As iemand lus het vir ‘n doily/ronde mat:

Hier is een of twee voorstelle::

 Doily rug

http://www.creativejewishmom.com/2013/04/giant-crocheted-doily-rug-pattern.html#

Hier is myne van die boonste patroon.  Ek het vroeër geëindig omdat ek net een bol T gehad het in die kleur:

Nog ‘n paar:

doily-floor-rug-9

http://www.craftpassion.com/2012/07/giant-doily-rug.html/2

crochet-rug_ms_finished_4

http://craft.tutsplus.com/tutorials/crochet/crochet-an-amazing-mandala-floor-rug/

Pienk mat

http://www.garnstudio.com/lang/en/pattern.php?id=6045&lang=en#pattern_content

Die mat patrone kan net so goed omskep word in ‘n ronde throw!!

Ek hoop julle kan kies!!

Post asseblief die een waarop jy besluit het en die wol waarmee jy gaan werk! Ek kan nie wag om te sien watter patroon elkeen gekies het nie!

LEKKER HEKEL EN PLAAS BAIE FOTOS!!!

 

10 thoughts on “Oktober/November 2013: Giant Doilies!

  1. Sjoe hallo ek is so bly ek hierdie raakgesien. Ek is ook besig met een van die rondejassies maar sommer met verskillende tipes wolle Ek het ook al meer as eenkeer uitgetrek en dit is op die oomblik n bietjie eenkant gesit nou het ek sommer weer moed groete
    Ina

  2. Daardie baadjie/throw ag wat jy dit ook al wil noem, is FANTASTIES!
    Ek sukkel deesdae om Drops oop te maak. My rekenaar sê aanmekaar daar is ‘n virus. Het julle ook sulke probleme?

      • Ek het nou nie gesukkel nie. Dit was altyd as ek hulle faceboekblad wil oopmaak.
        Ek sal ‘n bietjie ondersoek instel.
        Het julle daardie bont patroon vertaal? Of hoe het julle die vreemde taal verstaan? Ek verstaan die diagram, maar hoe weet jy waar om plek te maak vir die arms?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s