YarnMade

’n Klompie hekelentoesiaste het saamgestaan en ‘n stalletjie by die Yarn Indaba, wat einde Julie by die Voortrekker Monument gaan plaasvind, bekom. By ons stalletjie sal van die mooiste handewerk deur van ons land se mees talentvolle hekelaars te koop wees. Indien jy ‘n liefhebber van handgespinde en gekleurde natuurlike vesel is, kom gerus vanaf Donderdagoggend 31 Julie tot Saterdagmiddag 2 Augustus 2014 na die monument toe vir ‘n ware wollefees. Jy sal ook hekel- en breitegnieke kan leer van kenners wat klasse daar gaan aanbied. Sien jou daar!!

Buying from an artist

Advertisements