Ons hekel groot Granny Squares – Adele Marais

Giant square CAL Playing Hooky

Ek het maande gelede ‘n pinterest bord begin waar ek elke variasie van ‘n giant square en reghoek wat ek teegekom het op gebêre het. Ek het net gevoel daar is soveel moontlikhede dat ons dit nie kan beperk tot net ‘n gewone granny nie. Die enigste reel is dat daar duidelke rondtes moet wees van strepe en/of motiewe en blokke wat ‘n vierkant of reghoek vorm. Daarvan is ook heelwat voorbeelde op die pinterest bord waarvan dié een seker die bekendste is:
clothogoncho
http://clothogancho.canalblog.com/archives/2013/01/10/26113498.html

My pinterest bord vir giant squares en rectangles is hier:

ek glo daar is nog heelwat voorbeelde en patrone wat ek nie gepin het nie!
Ek sal, soos iemand nog mooi voorbeelde raakloop, dit ook daar pin.

Nog ‘n variasie van ‘n giant square waaraan ek bietjie aandag wil gee is ‘n stitch sampler. Dis waar mens elke ry of elke paar rye ‘n ander steek gebruik.
Hier is een wat ek vroeër die jaar klaargemaak het:
Adele se blanky 1

Adele se blanky 2

Dit is met Elle gold DK gehekel. Dit was ‘n heerlike projek en ek gaan deel wat ek daaruit geleer het.
Nou waar begin ‘n mens?
Kleur:
Ek het 8 kleure gebruik. Ek sou aanraai om nie veel meer as dit te gebruik nie. In my kombers is 3 skakerings van blou, 3 skakerings van dusty pienk tot donker plum (Garnet). Lg is die “popper”in die kombers daarom het ek hom net hier en daar in ‘n enkel ry ingebring. Verder is ‘n room/neutrale kleur nodig en die laaste kleur is medium bruin.
Ek het ‘n pinterest bord met kleursamestellings (wat natuurlik my smaak weerspieel!) maar op die Design Seeds webwerf is alle moontlike samestellings. Op pinterest is ook baie ander borde met kleurinspirasie.
My bord: http://www.pinterest.com/hekelverslaaf/colour/
Design seeds: http://design-seeds.com/index.php/search

Hoe begin mens met ‘n stitch sampler?
Ek het sommer uit my kop begin(!) maar die heel maklikste is om met een van die mooi 12”blokke te begin waarvan daar seker honderde is!
Hier is my pinterest bord vir 12”blokke: http://www.pinterest.com/hekelverslaaf/12squares/
Op Ravelry is ‘n baie groot versameling 12”blokke
Dedri Uys van lookatwhatimade is ook besig om nog rondtes te skryf vir haar mooie Sophies Garden vir die van julle wat wil wag.

Steke wat lekker werk vir ‘n stitch sampler:
X lb
Lb, ks, lb
V st (lb, ks, lb in 1 steek) slaan 2 steke oor
Bobbel steek lyk baie mooi
3/5 rye linenst (kb, ks, kb; vlge ry kb in ks sp en ks oor die kb)
Granny clusters
2 dc together met ‘n ks tussenin
Shellst
Dc 3 together met 2 ks tussenin
Gewone rye met hlb of lbe

Probeer die steke eenvoudig hou. Dit lyk nogal mooi as mens weerskante van ‘n nuwe steek ‘n ry hlb of lb in dieselfde kleur maak.

Hier is nog ‘n voorbeeld van ‘n eenvoudige stirch sampler waarmee Looby Loops besig is:

Looby's loops

As dit lyk of die rondtes bietjie begin “wobble”of golwe maak doen 1 of 2 rondtes net in kbe.
Begin ‘n nuwe kleur in ‘n ander hoek. Dit help dat die vierkant nie skeef trek nie. Sommige mense beveel aan om elke rondte in ‘n ander rigting te werk. Dit kan jy doen met ‘n gewone granny square maar nie noodwendig met ‘n stitch sampler nie.

Die hoeke:

By rye wat bestaan uit kbe maak kb, 2ks, kb in die hoek
Bye lb rye maak 2lb, 2ks, 2 lb e in die hoek
Pasop vir “ronde” hoeke. Sit eerder nog ‘n ks in die hoek om dit skerp te hou.
Adele blanky 3

Vra asseblief ! Ek is nie ‘n expert nie maar ek of een van die ander ervare hekelaars sal graag help!

Ek vind nogal dat mens oulike idees vir rondtes kan kry by randpatrone omdat dit gewoonlik ook wys wat om by die hoeke te doen.

Daar is ‘n hele paar groot vierkant en reghoeke wat ek graag wil maak en julle?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s