Dit was ‘n fees!

Die jaarnbom by die Voortrekker Monument het die land aan die gons. Dit was ‘n knop-in-die-keel ervaring vir my toe die laaste kombersie ten bate van liefdadigheid op daardie trappe neergelê is. Meer as 600 kombersies wat bestaan uit 27 800 gebreide en gehekelde blokkies is deur vroue van regoor die land gemaak. Ek is seker die voortrekkertannies in die hemel glimlag neer op ons! Busse vol toeriste en ander nuuskieriges het kom kyk. Wolentoesiaste het toegesak op die talle stalletjies wat wol en wolverwante ware verkoop het. Volgende jaar maak ons weer so!
Monument YI 2014
Monument 12

YarnMade

’n Klompie hekelentoesiaste het saamgestaan en ‘n stalletjie by die Yarn Indaba, wat einde Julie by die Voortrekker Monument gaan plaasvind, bekom. By ons stalletjie sal van die mooiste handewerk deur van ons land se mees talentvolle hekelaars te koop wees. Indien jy ‘n liefhebber van handgespinde en gekleurde natuurlike vesel is, kom gerus vanaf Donderdagoggend 31 Julie tot Saterdagmiddag 2 Augustus 2014 na die monument toe vir ‘n ware wollefees. Jy sal ook hekel- en breitegnieke kan leer van kenners wat klasse daar gaan aanbied. Sien jou daar!!

Buying from an artist