‘n Fusion blanket

Toe ek verlede jaar op die internet die bekende Kaffe Fasset se Fusion Blanket sien, moes ek eenvoudig een maak. Dis dan die ideale manier om my liefde vir laslapwerk en hekelwerk saam te beoefen. Toe ek in my laslapkas rondgrawe, kom ek op die perfekte ding af: ‘n hele stapel klaargestikte ‘log cabin’ blokkies in pastelkleure. Gekombineer met One of a Kind Yarns se katoen, is dit perfek vir my fusionprojek!

???????????????????????????????

Om die randjie te kan omhekel, is dit nodig om komberssteke rondom die blokkie te werk. Jy moet natuurlik eers die blokkie voering, omdop en ‘n randstiksel gee om te voorkom dat dit rafel. Dit het verbasend gou gegaan, wat ‘n goeie ding was, want ek wou dit vir my dogter klaarmaak vir ‘n Kersgeskenk.

???????????????????????????????

Die katoen was net genoeg om 25 blokke om te hekel en dit het nogal ‘n lekker grootte lap gemaak om as tafellap of smyter te gebruik.

???????????????????????????????

… en was nét betyds klaar om toe te draai voor Heidi huis toe gekom het vir die Kersvakansie!! Dit lê nou oor ‘n antieke stoel in die gastekamer van haar nuwe meenthuis.

2 thoughts on “‘n Fusion blanket

  1. Ek hou baie van kwilt, en het al heelwat komberse gemaak. Na my dogter se dood het ek by Iessie Steenberg se groep ingeskake,l dit het baie vir my beteken. Hierdie gekombineer met hekel lyk werklik baie mooi.

Lewer kommentaar op Elsabie Ackerman Kanselleer antwoord